Blog


2016-10-05
Joodse Nuwejaar 5777


 “... SES, SEWE!”

Ons het sopas die Joodse Nuwejaar betree: 5777

Wat vir my uitgestaan het, tydens my soeke oor wat ons in hierdie jaar kan verwag, was die die getalle 6 en 7!

 

Ons is steeds in die jaar 2016, daarom wil ek na 6 en 7 kyk. Wat ek ontdek het wil ek baie graag met jou deel sodat jy, soos ek, besef dat God agter die skerms en onder die radar áltyd in beheer is.

 

Die getal:

SES

Die getal van die MENS! Die SESDE DAG!

Op die 6de dag het God die mense geskape., het die mens lewe ontvang.

 

Die mens moet egter BEVRY word van die DOOD!  En daarvoor kom Jesus aarde toe.

Die Hebreeuse dag begin altyd met sonsondergang of die aand ‘vantevore’. Wanneer het Jesus se laaste dag dus aangebreek? Met sonsondergang op die Donderdag. Die dag en tyd van die laaste Avondmaal en Paasfees. Daarna gaan Jesus na die tuin van Getsemané (alles steeds op Sy 6de dag) en wat daarna volg is vir ons bekend. Uiteindelik uiter Hy Sy heel laaste woorde: It is finished!

Hulle neem Sy liggaam en lê dit in die graf. Alles gebeur van sonsondergang (Donderdag) tot sonsondergang (Vrydag). Die 6de dag!

 

Op dieselfde dag wat God die mens geskep en aan hom lewe gegee het, sterf Jesus vír die mens ... om vir hom nuwe lewe te gee!

 

SEWE

Met Sonsondergang (Vrydag) begin die 7de dag, SHABBAT of die dag van rus! God se RUSDAG kom nie net as gevolg van 6 dae se arbeid nie, Sy RUSDAG kom as ‘n VERKLARING dat Sy werk afgehandel is.

En op die 7de dag, God se rusdag word Jesus in die graf neergelê. Soos in die begin word dit weer tyd om te rus. Die keer, in die graf!

God het Sy werk afgehandel sodat die SHABBAT as teken kan aanbreek dat Sy werk aangaande die NUWE SKEPPING afgehandel is.

 

Die sewende dag het gekom, simbolies gesien in die sewe van 5777; ‘n nuwe rus, ‘n nuwe vrede, ‘n nuwe seën, ‘n nuwe ‘completion’ vir almal wat die nuwe skepping deur die rusdag van God binnegaan!

 

Laat die 6de dag agter! Verlaat jou gestoei, jou werk én jou werke! Betree die rus van God. Betree Sy 7de dag! Doen alles vanuit ‘n plek van rus vanwee SY ‘finished work’!

(Hebreeuse feite vanuit The book of miracles, Jonothan Cahn)